Horiete

Die gebied wat die Horiete min of meer in die Middel-Bronstydperk bewoon het, word in pers aangedui.

Die Horiete, Hoerriete of Choerriete (Horities: Ḫu-ur-ri) was tydens die Bronstydperk ’n volk in die Nabye Ooste. Hulle het ’n Horities-Oerartiese taal, Horities, gepraat en in Anatolië en Noord-Mesopotamië gewoon. Die grootste en invloedrykste Horitiese nasie was die multi-etniese koninkryk Mitanni, wat waarskynlik gevorm is deur ’n Indo-Europeessprekende heersersklas wat oor ’n hoofsaaklik Horitiese bevolking regeer het. Die bevolking van die Indo-Europeessprekende Hetitiese Ryk in Anatolië het ’n groot getal Horiete ingesluit en daar is ’n aansienlike Horitiese invloed op die Hetitiese mitologie.

Teen die vroeë Ystertydperk was die Horiete in ander volke opgeneem, behalwe miskien in die koninkryk Urartu.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search